Gaan na inhoud

Afronding (Wiskunde)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In wiskunde verwys gewone afronding na die proses waarmee 'n getal vervang word met sy naaste heelgetal. Dus word 6,3 afgerond na 6 toe en 4,8 is afgerond 5. 'n Spesiale geval is as die syfer direk na die desimale komma 'n 5 is, en dan word daar altyd opgerond: 1,5 word 2.

Daar is verskeie ander tipes afronding:

  • Desimale afronding is waar mens tot die naaste getal met 'n sekere aantal desimale plekke afrond.
  • Afronding na bo gee die naaste heelgetal wat groter is (2,01 word 3).
  • Afronding na onder gee die naaste heelgetal wat kleiner is (2,95 word 2).

Bronne[wysig | wysig bron]