Gaan na inhoud

Afronding (Wiskunde)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 21:10, 17 Junie 2020 (Wysigings deur 2804:14D:78B5:840E:4C7E:78E9:AC85:9A0F teruggerol na laaste weergawe deur Naudefj)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

In wiskunde verwys gewone afronding na die proses waarmee 'n getal vervang word met sy naaste heelgetal. Dus word 6,3 afgerond na 6 toe en 4,8 is afgerond 5. 'n Spesiale geval is as die syfer direk na die desimale komma 'n 5 is, en dan word daar altyd opgerond: 1,5 word 2.

Daar is verskeie ander tipes afronding:

  • Desimale afronding is waar mens tot die naaste getal met 'n sekere aantal desimale plekke afrond.
  • Afronding na bo gee die naaste heelgetal wat groter is (2,01 word 3).
  • Afronding na onder gee die naaste heelgetal wat kleiner is (2,95 word 2).

Bronne[wysig | wysig bron]