Gaan na inhoud

Papiaments

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Papiaments
Papiamentu
Gepraat in: Koninkryk van die Nederlande
Gebied: Karibiese See
Totale sprekers: 341 300[1]
Taalfamilie: Kreools
 Portugees
  Papiaments 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Koninkryk van die Nederlande
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: pap
ISO 639-3: pap 
Verspreiding van Papiaments

Papiaments (Papiamentu) is 'n taal wat deur die bewoners van die ABC-eilande (Aruba, Bonaire en Curaçao) gepraat word. Papiaments (in Afrikaans) of Papiamento is 'n kreool van Portugees[3] wat deur verskillende tale soos Nederlands, Engels, Spaans en Afrikatale beïnvloed is. Elke eiland het sy eie dialek van die taal.[4][5]

Titelblad van die oudste bewaarde drukwerk in Papiaments (1837).

In 2000 het 59 984 mense op Aruba aangedui dat hulle tuis Papiaments praat (69,4% van die bevolking) en in 2001 was dit 106 054 mense op Curaçao gewees (81,2%) en 8 059 op Bonaire (74,7%). In Nederland is daar moontlik 'n verdere 50 000 tot 60 000 sprekers wat die taal tuis praat. In totaal verstaan ongeveer 250 000 mense hierdie taal.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Papiamentu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 3 September 2018.
  2. "Invoeringswet openbare lichamen Bonaire, Sint Eustatius en Saba" (in Nederlands). wetten.nl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2016. Besoek op 1 Januarie 2011.
  3. Baptista, Marlyse (2009). On the development of nominal and verbal morphology in four lusophone creoles (seminar presentation given 6 November 2009, University of Pittsburgh).
  4. Romero, Simon (5 Julie 2010). "Willemstad Journal: A Language Thrives in Its Caribbean Home". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019.
  5. [1]

Eksterne skakels

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Papiaments